Tuisblad
Agtergrond
Produk Reeks
Kontak & Navrae

Agtergrond

Ons visie word beste opgesom deur hierdie brief van ‘n klient.

Die linnelaai het sy deure in September 2008 vir die eerste keer oopgemaak.
My eerste indruk van hierdie nuwe lekkerte in ons tuisdorp, het my herinner aan 'n baba wat onverwags daarin slaag om 'n verbode laai oop te maak.  Die verrassing.... die entoesiasme en afwagting, die kyk en weer kyk, die voel en vat en ruik.....

By Die linnelaai ervaar grootmense weer die kindervreugde van ontdek.  Die luukse van tyd hê om koppie tee in die hand, omring deur mooigoed al jou sintuie te kan inspan totdat jy jou hand kan lê op 'n stukkie uniekheid vir jou tuiste.
Hier onthou jy weer wat is goeie kwaliteit en vriendelike diens.

 Jy beleef vrymoedigheid om jou drome vir jou huis te deel en raad te vra.  Jy beleef die gemak van asemhaal omdat daar ruimte is vir jou smaak en begrip vir jou begroting.  En jy beleef die weelde van welkom voel.
Wanneer jy uiteindelik by die deur uitstap, opgewonde om te gaan mooimaak daar waar jou kop in die aand 'n rusplek vind, weet jy reeds dat jy weer sal kom.  Jy sal net moèt.

Nataniël sê dit so mooi.  Selfs in die mees moderne tyd is daar sekere dinge wat onvervangbaar bly. Tuisgemaakte geskenke.  Saamsing en swierige kerslig in die middel van die week.  Vars blomme, egte kombuisreuke, hardebandboeke en familieportrette.  Tydsame kuiers.  Briewe op beeldskone papier.  En mooi bedlinne...

Doen jou siel 'n guns en loer in by hierdie kosbare plek.

'n Vriendin van Die Linnelaai.

 

Nuus

Moenie ‘n artikel oor Die Linne Laai mis loop in die 17 Junie,2011 uitgawe van die Landbouweekblad.

Selekteer U Taal Voorkeur

Deel jou ervaring met ons

Sluit aan by ons Facebook blad en deel jou ervaring van die Linne Laai met ons en ander kliente op ons muur.

 

FAQ

Dikwels Gevraagde Vrae

Kry al die antwoorde op jou DGV deur op die ikoon te kliek..

Tuisblad Agtergrond Produk Reekse Duvet stelle Gewatteerde duvets Doelgemaakte Linne
Terms of Use Copyright Policy Privacy Policy
Basiese Linne Gooistof Handdoeke Lollipops & Laaities Kontak & Navrae

Laai ‘n gratis PFD program hier af

Get Adobe reader

Laai ons PDF pryslys hier af
(6.25MB)

Download our Pricelist

Hierdie web werf funksioneer optimaal in Microsoft Internet Explorer 9 teen ‘n resolusie van 1024 x 768
Kopiereg Voorbehou© Die Linne Laai™2011
Web ontwerp & onderhoud - Corne Eksteen™ Visual Arts, Media & Design vir Die Linne Laai™ 2011