|
Ja, daar is verskeie tipes katoen, kom ons tref onderskeid tussen hulle. 1.Gewone Katoen. Hierdie is die laagste graad katoen, maar is steed goeie kwaliteit. Navrae oor die oorsprong van die katoen kan selde beantwoord word. Die produk work dikwels "100% Katoen" genoem. 2.PIMA Katoen Hierdie katoen word gewoonlik in Arizona en ander droe klimate aangeplant. Dit is 'n stappie beter as gewone katoen en beslis sterker en meer duursaam. 3.Egiptiese katoen. Hierdie is die beste kwaliteit katoen beskikbaar. Dit is baie sagter en meer duursaam as enige van die ander tipes en is die keuse van die ingeligte verbruiker.
Ideale omstandighede vir die groei van katoen is voedingstofryke grond en 'n warm klimaat, beide die geval in die Nyl Delta. Die Egiptiese Departement van Landbou oefen sterk beheer uit oor die produksie van katoen en aldus het hul die hoogste standaard in die wereld.
Egiptiese katoen word met die hand gepluk, dit verseker dat die vesels nie beskadig of gebreek word nie. Dit stel hul instaat om aaneenlopende vesels te gevruik vir die vervaardiging van gare. Hierdie gare is kleiner in deursnee en sterker as gewone katoen gare. Die lengte van die gare stel hul in staat om baie fyn geweefte katoen te produseer, sonder om enige kwaliteit op te offer.
As kwaliteit, duursaamheid en weelde jou verwagting is - dan is Egitiese katoen 'n moet!
|